Besigheidsgeleenthede
Fantasteise besigheidsgeleenthede met die gebruik van toneelpoppe:
Toneelpoppe is ‘n opwindende en opvoedkundige medium om te gebruik met kinders van alle ouderdomme en is ‘n aanwins vir enige persoon wat met kinders werk. poppekasvertonings is lewensvatbaar vir ekstra inkomste, bv. kinderpartytjies voorskool -en speelgroepbesoeke, winkelsentrumvermaak, ens.
Die groot voordeel van toneelpoppe is dat u nie ‘n buikspreker of professionele vermaker hoef te wees nie. enige persoon met ‘n bietjie verbeelding, kan dit behartig.
Ons by
Splashout Promotions maak gebruikersvriendelike produkte wat poppekasvertonings maklik maak!
Ons verhoë is lig en maklik om te hanteer, toneelpoppe is professioneel gemaak met ‘n werkbare mond, uitgevoer met sagte leer, wat daartoe bydra dat u pop vir jare sal kan “praat”. die helder kleue en verskillende karakters maak dit opwindend en uniek!
Ons het verskillende besigheidspakette wat u sak sal pas. ‘n handleiding wat bestaan uit basiese poppekastegnieke, opstel van die verhoog, kies van teks en toneelpoppe (muppet tipe grootmond poppe), hoeveelheid afhangende van die paket.
Ons bied ook werkswinkels en opleiding aan. indien u enige verdere inligting nodig het rakende bogenoemde besigheidsgeleenthede, sal ons nie huiwer om van hulp te wees nie.