puppets.co.za

Tuis
Produkte Dienste Bestelvorms Pryslys Omtrent ons Kontak ons English


Omtrent ons

Ons maak voltyds toneelpoppe van 1994 en het ondervinding met die verskillende aspekte van poppekas as medium. Ons het eers begin met marionette, dit het al hoe meer populer begin raak en dit is hoe ons besigheid ontstaan het.

Ons het toe verder gegaan deur effektiewe en praktiese toneelpoppe te maak wat as ‘n ysbreker gebruik kon word om die evangelie te versprei. Die sukses van die grootmond poppe het baie geleenthede vir ons oopgemaak.

Ons het ‘n groot reeks diverse toneelpoppe en diere ontwerp en daarom verwelkom ons die uitdaging om eksklusiewe geleentheidstoneelpoppe, logo’s en sommer gewone mens poppe te ontwikkel.

Buiten die toneelpoppe, maak ons ook lewensgroot loop-in kostuums. dit word prakties vervaardig van skuimrubber, materiaal en pels om gemak, beweegbaarheid en effek te verseker.

Oor die afgelope paar jaar het ons die effektiwiteit van toneelpoppe en poppekas as kommunikasiemedium ondersoek en het deur ondervinding begin om die handleidings en werkswinkels te formuleer. dit help u om so effektief as moontlik te wees na gelang van die vereiste.

Ons is beskikbaar om enige persoon te akkommodeer d.m.v. werkswinkels waar u die basiese kuns van poppekas en toneelpoppe as medium wil leer.

Buiten die maak van die poppe, kostuums en verhoe, spanbou en praktiese poppekaswerkswinkels. bied ons ook voorkomingsopvoedkundige programme vir vele toepaslike sosiale aangeleenthede by laerskole sowel as pre-primere skole. ons neem ook deel as spesiale geleentheidsfunksies….

Ons bedryf ons besigheid vanaf ons plaas naby Mosselbaai, en maak gebruik van ‘n nasionale bestellingsdiens om die poppe aftelewer.

Weereens, indien u enige navrae, voorstelle of sommer u eie ondervindings met ons wil deel, moet asb. nie huiwer om ons te kontak nie.


Home · My Account